Die bekroonde musiekgroep Spoegwolf het Vrydagoggend sy jongste musiekvideo, “Lenieblou III”, op YouTube bekend gestel.
Dit neem die kyker op ’n prettige agter-die-skermavontuur, wat nie net ’n fees vir die oog is nie, maar ook vir die oor.
Die groep bestaan uit Danie du Toit en Moskou du Toit, Chris von Wielligh en Albert van der Merwe.