Danie du Toit het al verskillende hoede gedra: sanger, liedjieskrywer, entrepreneur, PhD-student en binnekort sal hy ook digter en uitgewer kan byvoeg.
Sy debuutbundel, Warmer voor die tuimeldroër, word volgende jaar uitgereik.
Du Toit gaan die bundel self uitgee en versprei. Hieroor sê hy: “Daar was uitgewers gewees, maar ek het op die ou end besluit om dit liewer self uit te gee. Ek het die vryheid gesoek. Ek het drie ander besighede ook van die been af gebring, ek dink nie dit gaan te moeilik wees om ’n boek te print nie.”