Die hoogaangeskrewe toneelstuk The Fall, waarin studente hul wedervaringe gedurende die #FeesMustFall-studentebeweging van 2015 en 2016 deel, is op die voorgrond in die Staatsteater in Pretoria se jongste aanlyn aanbod.
Die kragtige toneelstuk, wat in 2017 die Edinburg-fees in Skotland se gesogte Fringe First-prys gewen het en ’n musiekspel deur Aubrey Sekhabi, dien om Jeugdag op 16 Junie te vier, asook die Vryheidsmanifes se bepaling dat die deure van opvoeding en kultuur oopgemaak sal word.
* The Fall, wat ook in New York en in Londen se London Royal Court-teater opgevoer is, het as agtergrond die studentebeweging in Suid-Afrika. Dit is deur sewe dramastudente van die Universiteit Kaapstad geskryf. In die stuk vertel hulle van hul ervarings as studente tydens die #RhodesMustFall-betogings wat begin het as ’n poging om die standbeeld van Cecil John Rhodes van die kampus van die UK te verwyder. Die stuk was onder leiding van Clare Stopford. Die regisseurs is Ameera Conrad en Thando Mangcu, twee lede van die ensemble.