Die eerste Vrystaat Klank en Klassik (VKK), wat vroeër vanjaar ook weens die pandemie nie uit die wegspringblokke kon kom nie, gaan weer probeer om sy buiging te maak – dié keer in ’n nuwe aanlyn formaat.
Die VKK is volgens ’n mediaverklaring deur die Vrystaat Kunstefees geskep om spesifiek vir uitvoerende klassieke musici en liefhebbers van dié kunsvorm hul eie platform te gee.
Elretha Britz, die VKK se kurator, sê aan Netwerk24 die fees volg eintlik in die voetspore van die destydse Odeion Musik Fest, wat 15 jaar lank deur die Rupert-stigting befonds is en jaarliks vir twee weke lank in die Odeion-teater in Bloemfontein aangebied is.