Esté Gross, Pretoria FM-aanbieder, -programspesialis en sangeres, sal binnekort ’n nuwe klassiekemusiekprogram aanbied wat luisteraars op die hoogte van die jongste nuus uit die klassiekemusiekwêreld gaan hou – plaaslik en internasionaal.
In dié program, Wat’s nuut? Dis klassiek!, gaan luisteraars ook Suid-Afrikaanse musici beter leer ken wanneer hulle gesels oor wat hulle inspireer, asook hul jongste uitreikings en uitvoerings.
Die program van ’n uur lank gaan van 1 Mei af elke Sondag tussen 12:00 en 13:00 uitgesaai word.