Die wenners van RSG en NATi (Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief) se eerste Kwartkomedie-skryfkompetisie is in die laaste twee aflewerings van Radioteater te hoor.
Die kwartkomedies wat merietepryse ontvang het, kom Donderdag om 20:00 aan die beurt, met regie deur Johan Rademan.
Kamma spesiale vriende deur Niel Steenkamp handel oor ’n man en vrou wat mekaar in die supermark ontmoet en besluit om hul eensame, bejaarde ouers aan mekaar voor te stel. Dit is ’n romantiese komedie propvol misverstande. Die stemme van Albert Maritz, Rolanda Marais, De Klerk Oelofse en Jane de Wet kan gehoor word.