Die karakter van doodgewone pa met die van Van der Merwe wat ook ’n reeksmoordenaar is, het ontstaan tydens die inperking toe die dramaturg Gita Fourie se familie haar teen die mure uitgedryf het.
Haar andersoortige klug Afval het dadelik aandag getrek op die Toyota US Woordfees verlede jaar. Dit is nou weer vir vier dae op die planke op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn, en daarna vir ’n korter speelvak op die Suidoosterfees in Kaapstad.
“Ek dink die meeste mense het iewers in die inperking gedink ek gaan dalk nou my eie familie uitmoor en hulle vir my,” vertel Fourie.