Abba se musiek het al menige konsert gevul, maar of dit al ooit vir ’n balletopvoering gebruik is, weet nie eens Dirk Badenhorst nie. Dit was egter lank reeds dié direkteur van Mzansi Ballet se voorneme om ’n vollengteballet met dié Skandinawiese popmusiek op die planke te bring omdat hy glo dit nie-balletomane na ’n balletopvoering sal lok.
The ABBA Show – A Cinderella Story is die opvoering wat moet bewys of sy aanname korrek is.
Badenhorst sê dié ballet is ’n moderne weergawe van die bekende Aspoestertjie-verhaal. Daar is nie ’n stiefma nie, maar ’n stiefpa, en die goeie fee word deur ’n man vertolk.