“Ons haal aan die begin van elke vertoning ons hoofbedekkings af en daar was al lede van die gehoor wat gehoop het dis die begin van ’n volledige strip show, maar so ver is ons nie bereid om te gaan nie!”
So skerts die sanger en liedjieskrywer Koos Kombuis oor die produksie Drie kaalkoppe kuier tesame, wat hy Sondag saam met Erns Grundling en Dana Snyman op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Pretoria aanbied.
Sedert hul eerste vertoning in Oktober in die Bôrdienghuis-teater in Wellington is hulle al dikwels gevra wanneer hulle in Pretoria optree en nou is dit sulke tyd.