’n Paar teaterproduksies is die naweek terug op die planke in Gauteng.
• Lefra Produksies se klug My vrou se man se vrou word van Donderdag tot Sondag in die Roodepoort-teater aan die Wes-Rand opgevoer.
Peet van Rensburg het die Britse dramaturg Ray Cooney, wat in Maart 91 word, se teks Run for Your Wife in Afrikaans vertaal. Lefra het dit in 2012 vir die eerste keer aangebied.