“Ek is nou ’n Kape-‘nar’,” skerts Frank Opperman, wat ’n maand en ’n half gelede na Kaapstad verhuis het en volgende week die eenpersoonstuk Steeds Donkie daar opvoer.
Hy, sy vrou en dogter woon in Woodstock.
“Man, as ’n ou ’n kind op skool het, dan dink jy op ’n dag: ‘Ag, nee, man, dis nou tyd om Kaap toe te gaan.’ Ek is nou al 62. As ek dit nie nou doen nie, wanneer gaan ek?”