Die Franse regering het Ismail Mahomed, tans hoof van die sentrum vir skeppende kunste aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, vir die tweede keer in vyf jaar tot ridder geslaan.
Aurélien Lechevallier, Frankryk se ambassadeur in Suid-Afrika, het die Chevalier de l’Ordre national du mérite Maandagaand in Durban aan Mahomed toegeken vir sy bydrae tot die kunste in Suid-Afrika oor die afgelope meer as drie dekades, én die kulturele bande wat hy in dié tyd tussen Frankryk en Suid-Afrika gesmee het.
Dié eerbewys volg op die Chevalier dans l’Ordre des Arts et des Lettres wat die Franse regering in 2016 aan hom gegee het.