Die gelofte: ’n musiekblyspel blyk so gewild te wees dat dit van 3 tot 25 September weer in die AfriForum-teater in Pretoria op die planke sal wees.
Die vorige speelvak het Sondag geëindig nadat dit met drie weke verleng is.
Dié musiekspel, uit die pen van Jannes Erasmus – ook die regisseur – handel oor die gelofte wat die Voortrekkers voor die Slag van Bloedrivier afgelê het.