Johannesburgers kry Donderdag ’n kans om die bekroonde solostuk Moord op die 8ste gat vir ’n eenmalige vertoning te sien.
Dié donker komedie, wat vanjaar by twee feeste bekroon is, word in die Dunkeldteater in Rosebank opgevoer.
Onder in Augusta Zietsman se teks draai die duiwels lustig rond. Sy tree self in die produksie op.