Gautengers wat nie kunstefeeste kan bywoon nie, het die kans om die bekroonde eenvroustuk Kamphoer eersdaags in Pretoria te sien.
Dit word van 29 Februarie tot 1 Maart in die Atterburyteater opgevoer, waarna dit op die US Woordfees in Stellenbosch en die KKNK in Oudtshoorn op die planke sal wees.
Dié produksie deur Theatrerocket het verlede jaar tydens die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein gedebuteer en het later die Blinker-prys as die beste Suid-Afrikaanse debuutwerk gewen.