As jy nog nie die Afrikaanse klug Koekeloer! gesien het nie, kan jy dit tot 9 Augustus elke aand om 19:00 gratis op YouTube kyk.
Dit word deur die Staatsteater in Pretoria aangebied, waar dit vroeër op die planke sou wees voordat die staat van inperking aangekondig is.
Theatrerocket is die vervaardiger van dié klug uit die pen van Braam van der Vyver.