Lizz Meiring het in die pandemietyd na ’n weergawe van vroeë jare se reisende toneelgeselskappe teruggekeer.
Haar broer het vir haar ’n opslaanverhoog gemaak, en sy het ligte en ’n klankstelsel met haar spaargeld gekoop, konferensie- en trousentrums, klein hotelle en ander lokale gebel – “want hulle moet ook oorleef” – die “bussie” gepak, haar regterhande opgelaai en konsert gaan hou.
“Al wat kortkom, is die hoenderhok en ’n pampoen op die dak.”