Nadat alle Covid-19-regulasies Woensdagaand opgehef is, rig dr. Marlene le Roux, uitvoerende hoof van die Kunstekaap, ’n pleidooi aan teatergangers: “Kom ondersteun nou die kunste met jul voete.”
Dit was lank ’n doring in die vlees dat net 50% van teaters gevul kon word, en daarom is Le Roux en ander teaterlui verheug en dankbaar dat teaters nou hul volle kapasiteit mag benut.
“Mense moet kaartjies koop. Dis hoe jy die kunste aan die lewe gaan hou. Die kunstenaars is die hartklop van die samelewing.”