Nadat slegs ’n beperkte aantal gehoorlede die toneelstuk Dead End in die Joburgteater kon bywoon, kry teaterliefhebbers tot 18 Oktober kans om dit aanlyn te kyk.
Met dié stuk, wat die gevierde dramaturg Zakes Mda op skool geskryf het, is ’n produksie die eerste keer in maande in die Lesedi-teater opgevoer, maar net 44 gehoorlede is toegelaat om ’n gesonde afstand te handhaaf.
Die toneelstuk beeld ’n gesprek uit wat ’n moordenaar met God voer.