Die Kaapse komediant Marc Lottering debuteer die jongste musiekkomedie in sy gewilde Aunty Merle-reeks in die feestyd in die Baxter-teater in Kaapstad.
Aunthy Merle – Things Get Real volg op die sukses van sy bekroonde musiekkomedie Aunty Merle – It’s a Girl!
Aunthy Merle – Things Get Real volg die storie van Merle Abrahams (vertolk deur Lottering) van Belgraviaweg op die Kaapse Vlakte.