Terwyl fliekteaters oor die pad vorentoe vergader, bly talle teaters se deure steeds toe nadat hulle die groen lig van die regering gekry het om sake te hervat.
Dit kom nadat die regulasies vir die heropening van onder meer galerye, fliekteaters en teaters Maandag in die Staatskoerant afgekondig is.
Fliekteaters en teaters moet aan talle vereistes voldoen.