Dat vroue en kinders ondanks demokrasie steeds onder geweld ly, laat dink die choreograaf Gregory Maqoma almal het “professionele rouklaers” geword.
Dit kom ter sprake in sy musiek- en dansproduksie Cion: Requiem of Ravel’s Boléro, waarvoor hy inspirasie geput het uit die karakter Toloki, ’n professionele rouklaer in die skrywer Zakes Mda se romans Ways of Dying en Cion.
Dit word tot Sondag in die Mandela-teater in die Joburg-teater in Braamfontein, Johannesburg, deur die dansers van die Vuyani-dansgeselskap opgevoer.