Hoewel pres. Cyril Ramaphosa Woensdag aangekondig het dat vlak 1 van die staat van inperking Sondag om middernag in werking tree, bly die meeste teaters in Gauteng steeds vir die res van die jaar gesluit. Sommige klein teaters het wel stadig maar seker weer hul gordyne begin lig, berig AJ Opperman.
“Ek raak sommer hartseer as ek kyk hoe besig ons was en nou is dit amper ’n spookdorp.”
So sê Marlene Schmidt, bestuurder van die Centurion-teater in Pretoria, waar sake onlangs hervat is.