Rive se Distrik Ses word weer lewend in Kunstekaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die akteur Basil Appollis volg die voetspore van die skrywer Richard Rive in sy vertoning “My Word! Redesigning Buckingham Palace”, wat handel oor die lewe in Distrik Ses voor die stootskrapers gekom het. Dit word tot Saterdag in die Kunstekaap opgevoer. Foto: Kunstekaap
Die akteur Basil Appollis volg die voetspore van die skrywer Richard Rive in sy vertoning “My Word! Redesigning Buckingham Palace”, wat handel oor die lewe in Distrik Ses voor die stootskrapers gekom het. Dit word tot Saterdag in die Kunstekaap opgevoer. Foto: Kunstekaap

Die eenmanstuk My Word! Redesigning Buckingham Palace word tot 25 September as deel van die Kunstekaap in Kaapstad se erfenisfees opgevoer.

Dit is gegrond op die werk van die Kaapse skrywer en akademikus Richard Rive (1931-1989) en maak die daaglikse lewe en karakters van Distrik Ses, waar Rive grootgeword het, weer lewend. Die apartheidsregering het dié buurt aan die voet van Tafelberg in die 1970’s gesloop en meer as 60 000 mense is ontheem en ontwortel. ’n Groot deel van die buurt is tot vandag toe onontwikkel.

Die veelbekroonde akteur Basil Appollis vertolk die rol van Rive en van die onvergeetlike karakters saam met wie hy grootgeword het. Dit is verwerk uit Rive se skryfwerk en Sylvia Vollenhoven het dit vir die verhoog aangepas.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.85
-1.2%
Rand - Pond
20.49
-0.4%
Rand - Euro
17.30
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.09
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,793.05
0.0%
Silwer
24.33
0.0%
Palladium
2,023.00
0.0%
Platinum
1,043.50
0.0%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,525
+1.7%
Alle aandele
67,051
+1.5%
Hulpbronne 10
62,969
+2.5%
Industriële 25
86,659
+1.4%
Finansiële 15
13,849
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos