Shakespeare praat vlot Afrikaans en gou Kaaps

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Afrikaanse vertalings van die dramaturg William Shakespeare se werke word nou deur die Tsikinya-Chaka-sentrum (TCC) gereed gemaak vir publikasie, danksy ’n borgskap van Legacy, ’n versekeringsmaatskappy. Foto: Getty Images
Afrikaanse vertalings van die dramaturg William Shakespeare se werke word nou deur die Tsikinya-Chaka-sentrum (TCC) gereed gemaak vir publikasie, danksy ’n borgskap van Legacy, ’n versekeringsmaatskappy. Foto: Getty Images

Die opklink van Shakespeare se toneelstukke in enige variant van Afrikaans het nou ’n stewige moontlikheid geword. Die Tsikinya-Chaka-sentrum (TCC) by die Universiteit Witwatersrand het ’n geldelike hupstoot gekry danksy ’n belegging van Legacy, ’n leier in die versekeringsbedryf. Die vennootskap strek oor vyf jaar en is onder meer gefokus op die vertaling en publisering van Shakespeare se werke in Afrikaans asook die ontwikkeling van veeltalige hulpbronne en geleenthede vir eietydse teatermakers, opvoeders en studente rakende die dramaturg se werk.

"Om 'n volhoubare toekoms te verseker, begin met die koestering van jou moedertaal," het Cobus du Plessis, uitvoerende voorsitter van Legacy gesê in 'n verklaring.

Die sentrum is deel van Wits se skool vir Letterkunde, Taal en Media, en poog om die vertalings van Shakespeare se toneelstukke in Afrikatale byeen te bring. Dit steun die opvoedkundige en performatiewe aspek van Shakespeare se werk in al elf landstale en glo dat dit beperkend is om sy werk net binne die Engelse leefwêreld te plaas.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.85
-1.2%
Rand - Pond
20.49
-0.4%
Rand - Euro
17.30
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.09
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,793.05
0.0%
Silwer
24.33
0.0%
Palladium
2,023.00
0.0%
Platinum
1,043.50
0.0%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,525
+1.7%
Alle aandele
67,051
+1.5%
Hulpbronne 10
62,969
+2.5%
Industriële 25
86,659
+1.4%
Finansiële 15
13,849
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos