Die vrolike musiekspel Hairspray met sy helderkleurige kostuums, interessante haarstyle en treffermusiek word binnekort deur die Hoërskool Jan van Riebeeck in die Baxterteater op die planke gebring.
Geruan Geldenhuys, direkteur van musiek en kultuur by die skool, sê dié opvoering is ’n “gróót eerste” vir die skool.
“Die idee is om die produksie so professioneel moontlik aan te bied as ’n gemeenskapskonsert en nie net ’n skoolkonsert nie.”