Die dood van die 16-jarige Matlhomola Moshoeu op ’n plaas in die distrik Coligny in Noordwes in 2017 laat die vraag ontstaan of swart mense se menseregte in plattelandse gemeenskappe werklik geag word.
Dié vraagstuk word belig in die toneelstuk The Red on the Rainbow, wat tot 27 Maart in die Staatsteater in Pretoria opgevoer word.
“En daarom is dit so gepas vir Menseregtemaand,” sê Monageng Motshabi, wat die teks met die ondersteuning van die Literarisches Colloquium in Berlyn, Duitsland, geskryf het.