Teaterlui slaak ’n sug verligting nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondag vlak 2 van die nasionale staat van inperking aangekondig het.
Waar teaters onder vlak 3 met net 50 gehoorlede tevrede moes wees, word byeenkomste van 250 mense binnenshuis en 500 in die opelug nou toegelaat.
“Dit is baie goeie nuus vir teaters en die skeppende bedryf,” sê Erick Ndlala, bemarkingsbestuurder van die Staatsteater in Pretoria.