Die gewilde Vlooi in die Storieboom-boekreeks is ongetwyfeld ’n klassieke teks in die grondslagfase op skool en in Augustus vier die Kunstekaap sy 20 jaar op die verhoog.
Die verjaardagviering is die afgelope twee jaar deur die Covid-19-pandemie in die wiele gery, maar uiteindelik keer dit terug om jonk en oud weer vasgenael te hou.
“Vanjaar lyk dit na third time lucky,” sê Margit Meyer-Rödenbeck, die teksskrywer, wat die produksie saam met die regisseur Marinda Engelbrecht aanbied.