Die SABC2-sepie 7de Laan is van 4 Oktober af weer vyf dae per week te sien.
Dit volg op die openbare uitsaaier se aankondiging vroeër vanjaar dat die lugtyd van 7de Laan en die sepie Muvhango, wat op dieselfde kanaal te sien is, in April tot drie dae per week verminder sou word om plek te maak vir ander programme.
Dit het aanhangers omgekrap en ’n petisie is begin om 7de Laan weer vyf dae per week op die kassie te sien. Meer as 7 000 mense het dit onderteken.