“Jy is eintlik nie gemaklik terwyl jy dié fliek kyk nie – en dit moet so wees.”
So sê Sanet Olivier, regisseur van die kykNET-fliek Voor ek vergeet, wat Sondag om 20:00 uitgesaai word.
Dit is deel van kykNET se reeks Storiefilms en is gegrond op Karen Marx se gelyknamige toneelstuk wat in 2012 die eerste keer opgevoer is.