Een ding wat hy en sy ouer broers nou weet, is dat hulle toe nie sulke wafferse vasvra-ysters is nie, vertel Bennie Fourie. “’n Mens dink mos jy het ’n wye wêreldkennis en ons was onaangenaam verras oor hoe min ons almal weet.”
Tog was dit ’n anderste en heerlike ervaring, is almal dit eens. “Dit was lekker om saam met hulle te kompeteer,” sê Bennie. “Dit het ’n ander dinamika gebring as toe ons saam in Die Broer Toer was. En ja, die program het ons nederig gemaak. Tog sal ek definitief weer aan so iets deelneem, maar dan wil ek eers vyf weke lank in ’n biblioteek gaan slaap om beter algemene kennis op te doen.”
Verklap daar so ietsie uit jul Fourie-broers se kinderdae?