Verbeel ek my, of dink ’n mens minder aan Bobby van Jaarsveld as ’n sanger in die vierde seisoen van die kykNET-drama Spoorloos?
Voorheen het dit my altyd gepla – onder meer in flieks soos Free State en die komedie Mense mense. Nou ja, dalk is dit ’n geval van “getting your act together”. Van Jaarsveld kry nou die kans om ’n ernstige karakter te vertolk.
Wat die storie van Spoorloos: Die eiland betref, is dit ’n gegewe: Iemand verdwyn. En die geheime van die verlede dra net soveel gewig.