Uiteindelik kan Bobby van Jaarsveld nou sy slag wys as ernstige akteur.
Ná rolle in flieks soos As jy sing en Liefling en die kykNET-komedie Mense mense maak hy nou sy buiging in die reeks Spoorloos.
Eintlik hou hy al geruime tyd asem op vir dié soort rol waarin hy homself ernstig in die toneelbedryf kon vestig, sê die hartebreker-sanger.