Sy is al ’n goeie veertig jaar lank bedrywig in die vermaakbedryf en sedert die laat negentigs is Brümilda van Rensburg ook aan die gang met haar drama-akademie waar sy jongmense as akteurs oplei. “Ek help graag – soos byvoorbeeld diegene wat sê ‘ek kan nie nuus lees nie’, dan sê ek kom ek wys jou jy kan. Dit gaan oor daardie hele ding rondom acting is believing – glo in jouself.