TV-kykers wat hierdie tyd van die jaar gewoonlik daarna uitsien om te kyk hoe ’n klompie beeldskone dames of mans met mekaar meeding om die aandag van ’n hubare ster op The Bachelor of The Bachelorette, gaan vanjaar teleurgesteld wees.
Ná drie reekse – wat onderskeidelik ’n rugbyspeler, belegger en model se liefdesreis gevolg het – sê M-Net hy gaan “die handelsnaam laat rus”.
Daarom sal daar nie vanjaar, soos vorige jare, ’n nuwe reeks op Valentynsdag begin wys nie.