Die arme ds. Wynand in die kykNET-sepie Binnelanders is in die knyp, sê John-Henry Opperman, wat hom daarin vertolk.
En die arme man probeer altyd om die regte ding te doen, maar het steeds in die moeilikheid beland: Hy het tussen twee vriendinne gekom.
Ds. Wynand was onlangs vir ’n operasie in die Binneland-kliniek en is ’n ou vriend van Elise (Lindie Stander).