Die langverwagte reünie van die sitkom Friends sal uiteindelik in April opgeneem word.
Die projek is al meer as ’n jaar gelede bekend gemaak, maar is ’n paar keer weens die Covid-19-pandemie uitgestel.
David Schwimmer, wat die rol van Ross Geller vertolk, sê daar is uiteindelik uitgewerk hoe om te midde van die inperkingsreëls te werk. Wat aanhangers van die reünie kan verwag, is nog ’n geheim.