Hierdie spul hardekoejawels gee nuwe betekenis aan ’n familiekrisis.
Nie eens Die Van Aardes van Grootoor het so ’n fel stryd gevoer nie.
’n Mens wonder hoe die Greylings van die dorp Desert Rose dit enigsins regkry om saans behoorlik te slaap. Dit voel asof die gevaar oral dreig.