Jennifer Myburgh is van 1 April af in die warm stoel as mede-aanbieder van Die Groot Ontbyt op kykNET.
Sy verruil haar rol as mede-aanbieder op Groot FM 90.5 se oggendprogram en volg Elsa Esterhuizen op om die ateljee met Pierre Breytenbach te deel.
Jennifer het twee drome as ’n kind gehad: om die president te word en ’n Oscar te wen. “Ek het gedink beide daai beroepe sou jou op die kassie laat beland.”