Vertel oor die naam Genade Boerdery?
Dis in 1997 gestig. Ons familie het almal rondom die tafel gesit, toe sê my ma: Kom ons noem dit Genade Boerdery. Sy het gesê als wat ons het, is net genade, want daarsonder het ons niks. En ek dink van daar af het ons van krag tot krag gegaan en ons is elke dag innig dankbaar vir wat ons het. Ons werk lekker saam as familie en wanneer daar probleme is, stryk ons dit dadelik uit. Ons neem almal saam besluite en dit maak ’n groot verskil, sodat jy nie weer skoolgeld betaal vir foute wat jy maak nie. Ons ervaar werklikwaar elke dag die genade van bo.
Jy was 2021 se Agri SA jongboer van die jaar. Dis mos ’n lieflike pluimpie daai?