Hoe gouer jy begin gesels oor toestemming en liggaamlike outonomie, hoe beter, sê die seksuoloog dr. Elna Rudolph. “Dis werklikwaar jou kind se besluit waarmee hy of sy gemaklik is – of dit nou is om iemand te soengroet of selfs net ’n drukkie te gee.”