Natashia Sam (34), ’n boekhouer van Muizenberg, het die afgelope jaar 15 kg afgeskud, maar dit was eers nadat Clare Wiese-Wentzel en die Mooimaak-span haar beetgekry het dat sy waarlik mooi voel.
“Dit het alles al op skool begin,” sê Sam, ’n ma van twee wat ook haar eie geskenkbokswinkel van die huis af bedryf, in Donderdagaand se episode.
Sy is oor haar tande afgeknou en gespot. “Sulke goed bly ’n mens by.”