Sy was verbaas en terselfdertyd ook opgewonde toe sy genader is om aan die program deel te neem, sê die sangeres Bianca le Grange. “Ek is grootgemaak in die kerk en ’n mens praat mos nie oor seks nie. Maar ek het altyd gewonder hoekom seks so ’n taboe onderwerp is wanneer dit tog ook so ’n groot deel is van wie ons as mense is. Ek is ’n soort mens wat leun na die kontroversiële kant van die lewe en het gevoel dis ’n wonderlike geleentheid om die gesprek te begin.