Die stromingsdiens Netflix het Vrydagaand met 14 pryse sy spiere by die 15de Saftas-prysuitdeling gebult.
Die Netflix-reekse Agent (wat een Safta gewen het), Blood & Water (twee), How to Ruin Christmas: The Wedding (ses) en Queen Sono (een) het in die TV-kategorie koning gekraai, terwyl die stromingsdiens se dramarolprent Riding With Sugar in die rolprentkategorie die pryse vir beste kinematografie, asook klank-, kostuum- en produksie-ontwerp ingekatrol het.
Die Saftas, wat oudergewoonte weer die beste plaaslike rolprent en TV-inhoud in die voorafgaande jaar bekroon, is vanjaar met ’n kinkel deur die Nasionale Rolprent-en-video-stigting (NFVF) aangebied.