’n “Eksentrieke mens of ses” wat in elke dorp woon, word in die derde seisoen van die joernaalprogram Dekat op SABC 2 belig.
Dit begin Woensdag.
“Ons wil dit plesierig vir kykers maak, want ’n mens ding mee met soveel visuele platforms,” sê Elzilda Becker, vervaardiger van Dekat en uitgewer en redakteur van die voormalige gelyknamige tydskrif.