Die akteur Doon Boshoff, wat in die 1970’s as Suid-Afrika se eerste TV-held beskou is, is Saterdag aan ’n hartaanval dood.
Boshoff (73) het die hoofrol vertolk in die eerste Suid-Afrikaanse dramareeks, Keertyd, uit die pen van Jan Scholtz, wat ook die regisseur was.
Hy het die rol van Bedecker teenoor Rika Sennett vertolk.