Saray Khumalo: Deursettingsvermoë wat berge versit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Haar grootouers was haar helde en haar oupa het ’n sosiale bewustheid by haar ingeskerp, sê Saray. “My oupa het gesê as jy nie ’n lewe kan leef waar jy ander kan dien nie, is dit ’n vermorsing van ’n lewe. My ma was ’n enkelma, maar ’n knap sakevrou, en haar leuse was: The sky is die limit. Ek het by haar geleer dat ek enigiets kon word wat ek wou. En dat ek van niemand afhanklik hoef te wees nie.”
Haar grootouers was haar helde en haar oupa het ’n sosiale bewustheid by haar ingeskerp, sê Saray. “My oupa het gesê as jy nie ’n lewe kan leef waar jy ander kan dien nie, is dit ’n vermorsing van ’n lewe. My ma was ’n enkelma, maar ’n knap sakevrou, en haar leuse was: The sky is die limit. Ek het by haar geleer dat ek enigiets kon word wat ek wou. En dat ek van niemand afhanklik hoef te wees nie.”

Haar bergklimmery het begin met ’n doel en missie. In 2013 het Saray Khumalo ’n inisiatief, genaamd Summits with a Purpose aan die gang gekry om fondse in te samel vir geletterdheid en onderwys – daarby is sy ook ’n ambassadeur vir iSchool Africa wat digitale biblioteke oprig. Dié gebore Zambiër is deesdae ’n Suid-Afrikaanse burger en knap sakevrou, maar dat Saray weet hoe om aan die lewe te bly vasklou, is nie altemit nie. Sy het al ’n erge fietsongeluk oorleef en was drie weke lank in ’n koma – dokters het min hoop vir haar gehad, maar Saray Khumalo het deurgedruk en oorleef. Haar reis hier op aarde was nog nie klaar nie, dít weet sy nou – deur haar Summits with a Purpose-inisiatief is daar al miljoene rande ingesamel en meer as 15 biblioteke gebou. “Jy kan ’n berg uitklim en ’n selfie neem en daaroor praat om die braaivleisvure of jy kan ’n berg klim en seker maak die volgende generasie kry ’n volhoubare geskenk wat hulle geleenthede bied om hoofspelers te wees op die wêreldverhoog,” het sy al in ’n vorige onderhoud gesê.

Dié dat Saray al ’n Guinness-wêreldrekord gebreek het vir die meeste geld wat ingesamel is tydens ’n stilstaande fietsrybyeenkoms van agt uur lank. 

Dis weliswaar geen drafstappie in die park om in haar klimskoene te staan nie. In 2014 was sy vuur en vlam om Everest aan te pak – maar ’n stortvloed het ’n stokkie voor haar planne gesteek. Met ’n tweede probeerslag in April 2015 het ’n 7.8-aardbewing in Nepal 9 000 mense se dood veroorsaak en 22 000 beseer. Daar was ook ’n stortvloed op Mount Everest, waar verskeie groepe Suid-Afrikaanse bergklimmers by die basiskamp en tweede kamp vasgekeer was. Op Mount Everest het 19 mense gesterf en menigte beserings opgedoen en by die tweede kamp was Saray Khumalo vasgekeer saam met haar span. Hulle moes ook terugkeer ná die stortvloed. In 2017 het slegte weer haar gekniehalter. Maar op 16 Mei 2019 het sy uiteindelik heelbo gestaan.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
16.17
+0.5%
Rand - Pond
19.63
+0.0%
Rand - Euro
16.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.52
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,802.29
0.0%
Silwer
20.82
0.0%
Palladium
2,227.50
0.0%
Platinum
966.00
0.0%
Brent-ruolie
98.15
-1.5%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos