In die kykNET-sepie Binnelanders is die atmosfeer gespanne nadat Delia se pa haar baba in Donderdag se episode ontvoer het.
Tog het Andries (André Odendaal) dit net gedoen omdat hy ’n briefie van een van sy alter ego’s, Ben, gekry het waarin hy aangesê is om dit te doen.
Dissosiatiewe identiteitsversteuring (DID) is ’n hele paar jaar gelede by Andries gediagnoseer, en kykers het al sy alter ego’s Dries, AJ en Ben ontmoet. Hulle kommunikeer met mekaar deur notas te los, en in een van die notas het gestaan hy moet Amalia wegneem uit die Koster-huis, waar hy en Delia tydelik woon.