SY was ons eie goue kaalvoet-atleet en nou is Zola Budd-Pieterse weer terug op eie bodem ná ‘n hele paar jaar in Amerika. Vanaand op Minki se bank hoor ons dat hardloop eintlik haar stiltetyd is. Opwindende dinge wag op haar horison en sy maak hart oop oor verlies en selfs die goeie ou atletiekdae. En in die Minki-kombuis word daar hoeka getoor met artisjokke. Jip, Zola kan dalk weghol vir my en vir jou, maar is sy ‘n wegholsukses agter die kospotte? Haidee Muller-Isaacs het die waarheid gaan uitvind...
Is jy ‘n vol-fiemies of eet jy redelik gesond en konserwatief?